Steenbok (sterreteken)

Steenbok (Capricornus)
Die astrologiese simbool van die Steenbok

Die Steenbok (Lat: Capricornus) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 22 Desember en 20 Januarie gebore is. Dit is die tiende teken van die Diereriem.

Die Steenbok is een van die drie aardtekens en vier hooftekens. Dis ’n vroulike, negatiewe, introverte teken en is vergelykbaar met die Os van die Chinese diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Steenbok is Saturnus.

Steenbokke kom volgens die astrologie goed oor die weg met lede van die ander aardtekens, Bul en Maagd.

  1. Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search